3 dae gelede
Ikeys wil goed opvolg
Liam Kloosman  ~ Varsity Cup

DIE Universiteit van Kaapstad speel vanaand weer teen Wits. Dis ’n geleentheid om te wys dat sy oorwinning oor Maties Maandag in die eerste ronde van die Varsity Cup nie ’n fluke was nie.

Die Ikeys het in Pretoria vir ’n opskudding gesorg toe hulle hul Kaapse bure met 26-21 geklop het. In die proses het hulle goeie, konstruktiewe rugby gespeel en sal dus met ’n soortgelyke vertoning vorendag moet kom teen die manne van Johannesburg.

Die Kapenaars sal weer voorlangs wil oorheers om sodoende ’n platform te lê waarop hul agterspelers met die losskakel James Tedder en sy gevaarlike agterspelers kan gedy.

Aanvuur

Liam Kloosman (vleuel) is ’n haastige man en al is hy eintlik ’n skrumskakel, het hy Maandag getoon hy kan goed afrond.

Liam Greenhalgh, die Kapenaars se flank en kaptein, is ’n man wat met sy voorbeeld lei.

Sy Wits-eweknie, Constant Beckerling, ’n besielende leier, is die spil waarom Wits se spel draai. Hy sal egter sy span tot hoër hoogtes moet aanvuur, aangesien hulle Maandag flouerig was in hul openingstryd teen Tukkies. Die manne van Pretoria het op hul tuisveld met 48-25 gewen.

Vandag se wedstryd begin 17:00 en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.

IKEYS: Athi Gazi, Rihaz Fredericks, Evardi Boshoff, Michael Brink, Liam Kloosman, James Tedder, Wil­liam Rose, Christian Stehlik, Neil Otto, Liam Greenhalgh (k), Gary Porter, Connor Evans, Robert Hunt, Devon Arendse, Luthando Woji. BANK: Josh van Vuuren, Seth Christian, Jovan Bekker, Byron Bowes, Taariq Kruger, Kyle Bowman, Sibabalwe Mzanywa, Rethabile Louw.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters