2 maande gelede
Hupstoot vir skolesokker
GEREED: Die loting van die eerste Buildmor-skoletoernooi word Dinsdag in Ottery afgehandel. Foto: SERAJ JONES  ~ 

MET passievolle borge kan skolesokker net floreer.

Dít is die reaksie van Gregory Kannemeyer, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolesokker-vereniging (Sasfa) in die suidelike distrikte, oor die launch van die Buildmor Group se o. 13-toernooi.

Altesaam 16 skole van dié streek sal Saterdag op die Beacon Hill Sekondêre Skool se sportveld sake uitspook.

“Ek dink dis ’n nuwe era met borge soos Buildmor, wat weereens hulle ondersteuning gee om skolesport tot nuwe hoogtes te neem,” het Kannemeyer gesê.

“Danksy die borge kry aspirant-spelers die kans om hulle talente op skoolvlak te wys.”

Volgens Bradley Davids, die bestuurder van die Buildmor Group in Ottery, is dit deel van hulle jaarlikse uitreikprogramme.

“Die droogtekrisis en tekort aan speelvelde het ons genoop om met Sasfa saam te werk. Maar dis ’n fantastiese journey.”

Legendariese spelers soos Santos se Boebie Solomons en Goolam Allie was ook teenwoordig om hulle ondersteuning en ervaring met die jong spelers te deel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters