11 dae gelede
Humewood stof formaat af
kan nie wag nie: Brendon Timm slaan vroegtydig op Humewood af. Foto: deon ferreira  ~ 

VAN 27 Mei tot 2 Junie gaan die stokke behoorlik geswaai word in Port Elizabeth.

Die Humewood-gholfklub bied dan sy jaarlikse fees aan en die verwagting is dat meer as 1 000 spelers oor die 7 dae in aksie sal wees. Dit sal die 18de keer wees dat die fees plaasvind en die organiseerders probeer die net wyer span om meer en nuwe spelers te betrek.

Die mikpunt met die fees is nie om nuwe talent te ontgin nie, maar met meer spelers daar het die organiseerders die hoop uit­gespreek dat ’n nuwe ster dalk ontdek sal word.

Humewood se bestuur mik verder daarna om te verseker dat elke speler die gholf­toernooi geniet. Volgens die klubbestuurder, Brendon Timm, moet die spel in dié toernooi in ’n feesatmosfeer plaasvind.

“In die verlede het spelers net een dag gespeel. Ons wil hê hulle moet later in die week weer in aksie wees. Ons borge maak seker dit is ’n toernooi van hoë gehalte. Spelersgetalle behoort vanjaar met sowat 10% te groei.

“Daar sal ook wonderlike pryse vir die spelers op die spel wees,” het Timm gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters