10 dae gelede
Honderd vir Blomme
Clayton Blommetjies  ~ Gallo Images

HAWIES Fourie, afrigter van die Cheetahs, het ’n onveranderde span vir môre se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Bulls gekies.

Die Bloemfonteiners het ’n goeie begin in dié kompetisie gemaak deur die Pumas in laas naweek se eerste ronde met 53-31 te oorrompel.

Môre word daar egter ’n veel taaier stryd verwag, al het die Bulls in ronde 1 gesukkel om Griekwas uiteindelik met 30-23 te klop.

Vir Clayton Blommetjies sal dié kragmeting ’n besonderse mylpaal wees. Hy gaan in sy 100ste stryd vir die Cheetahs (in alle kompetisies) uitdraf.

Môre se kragmeting in die Vrystaat-stadion skop 19:00 af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters