Verlede maand
Hogg sê hy byt Bok nie
OMSTREDE: Stuart Hogg van die Leeus ontken hoog en laag hy het Willie le Roux aan die arm gebyt.  ~ Peter Abrahams

STUART Hogg, heelagter van die Britse en Ierse Leeus, het gister ná sy span se nederlaag van 9-27 Saterdag in die tweede toets teen die Springbokke ontken dat hy Willie le Roux gebyt het.

Videogrepe in die sosiale media het ná die kragmeting viral gegaan. Daarin dit lyk asof Hogg sy eweknie van die Bokke aan sy arm byt in ’n onderonsie tussen die twee spanne. Die manne het mekaar behoorlik rondgepluk. Dis toe dat Hogg die Bokke se 15 beetkry.

Hogg het gister in ’n ver­klaring gesê: “Ná bespiegeling wat op die internet verskyn het, wil ek enige vuilspel in gisteraand se wed­stryd kategories ontken.

“Ek sal nooit ’n teenstander byt nie. Ek is geïrriteerd en ontsteld oor hierdie ongegronde beskuldiging.

“Ek was nog altyd trots daarop dat ek rugby in die gees van die spel speel.

Seer

“Respek aan die Springbokke vir hul verdienstelike oorwinning gister (Saterdag).

“Die span voel seer ná gisteraand se nederlaag, maar daar is alles om voor te speel volgende week,” voeg Hogg by.

In die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus in 2009 is die Springbok-flank Schalk Burger vir oogkrappery met ’n geel kaart van die veld gestuur.

Die Springbokke het nog steeds die toets gewen en aangegaan om die reeks met 2-1 te wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters