3 dae gelede
Highlands is tricky vir Stellies
Steve Barker  ~ Gallo Images

STELLENBOSCH se staal gaan behoorlik op die proef gestel word wanneer hy Highlands Park môre 15:30 in die Cape Town Stadium pak.

Steve Barker (afrigter) en sy Stellies-troepe sal verwag om voort te bou op hulle uitstekende sege van 1-0 in hulle vorige ligastryd teen Orlando Pirates.

Barker-hulle is nou onoorwonne ná hulle vorige vier wedstryde in die liga.

Barker sal dus niks minder as drie punte verwag in die tuisstryd teen Owen da Gama, breier, se Lions of the North-span nie.

Highlands is deesdae ’n moeilike neut om te kraak en Stellies sal nie op hulle louere kan rus en toelaat dat laksheid nou intree nie.

Maar die feit dat dit Stellies se tuisstryd is, moet hulle ver­seker om volpunte in te samel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters