3 maande gelede
Het Joshua ’n glaskakebeen?
BEGIN VAN EINDE: Andy Ruiz jr. het Anthony Joshua drie keer platgeslaan.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE voormalige Suid-Afrikaanse wêreldbokskampioen Brian Mitchell het hom by die lys kenners gevoeg wat vermoed Anthony Joshua het ’n glaskakebeen.

Joshua, die Britse swaargewigkampioen, het ’n paar dae gelede in New York ’n skok-nederlaag gely toe Andy Ruiz jr. hom vier keer platgeslaan het.

’n Harde hou teen die ken het Joshua se bene laat wankel, en dit was die begin van die einde.

Mitchell het die Joshua-kwessie aangeraak in een van die voorgevegte Saterdagaand by Emperors Palace aan die Oos-Rand.

Hy sê Joshua se kakebeen lyk verdag en vra toe: “Het hy dan nie ’n kakebeen nie?”

Herstel

Toe Joshua Wladimir Klitschko in 2017 om sy wêreldtitels uitgedaag het, is hy ook planke toe gestuur nadat Klitschko hom vol op die kakebeen getref het.

Joshua het wonderbaarlik herstel, opgestaan en daarna self die uitklophou geplant om die titels syne te maak.

In 2015 het dieselfde gebeur in Joshua se geveg teen Dillian Whyte.

Whyte het hom kort voor die einde van die tweede ronde hard op die kakebeen getref.

Joshua se knieë het duidelik geswig, maar die klok het hom van verdere slae gered.

Al is Joshua oortuig daarvan dat hy die rematch met Ruiz einde vanjaar in Engeland sal wen, sal dit allermins ’n maklike geveg wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters