9 dae gelede
Het gees vir die fees van o.13-toernooi
slaggereed: Cherne Crowie, (Rocklands Hoër), Bradley Davids (bestuurder, Build It Ottery) en Zeekoevlei Hoër se Jullen Goliath is reg vir Saterdag se verrigtinge. FOTO VERSKAF  ~ 

GO BIG or go home!

Dis die benadering van die Zeekoevlei Hoër-onnie Julleen Goliath vir Saterdag se tweede been van District South se Build it-sokkertoernooi vir o. 13’s.

Die toernooi, wat onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse Skole-vereniging gespeel word, vind op Zeekoevlei se skoolterrein plaas.

In ’n poging om die toernooi te verbeter, is daar ’n paar veranderinge van die eerste been wat ’n paar weke gelede by Beacon Hill in Mitchells Plain plaasgevind het. Die formaat van die toernooi het verander om dit mededingender te maak.

Daar sal dus nou twee groepe van ag spanne wees en nie meer vier groepe van vier spanne nie.

Dis ook die entertainment met die build-up tot die wedstryde wat groot pret en plesier sal verskaf.

“Ons het die New Horizon band van Pelican Park en nog leerders van Fairmount Sekondêr nader getrek om hul musical talents af te show,” het Goliath verduidelik.

“Ons het ook vir Mishalan Davids van die Oasis NGO wat die leerders gaan toespreek oor haar ervaringe as sokkerspeler.”

Die direkteur van die Wes-Kaapse departement van onderwys, Alan Meyer, sal die verrigtinge open.

“Daar is ’n propvol program wat wag,” het Goliath bygevoeg.

Greg Kannemeyer, voorsitter van District South se skole, het op sy beurt gesê die top-ag-spanne van die toernooi in Mitchells Plain en die top ag van Zeekoevlei sal in Maart aan ’n nuwe kampioenskapsreeks deelneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters