2 maande gelede
Helenvale is nou Nafa-voorloper
gee pad! Franco Jones van Celtic probeer voor Quinton Skei van Hotspurs by die bal kom. Foto: charles pullen  ~ 

DIE Northern Areas Football Association (Nafa) se Premierliga het ’n nuwe voorloper – en dít sonder dat Sibanye enige wedstryde verloor het.

Sibanye is sover onoorwonne ná sewe wedstryde, maar Helenvale is nou Nafa se nuwe voorloper.

Dít is nadat die punte van twee van Sibanye se wedstryde aan West Lake en Helenvale oorhandig is.

Dis omdat Sibanye en Lads uit alle Nafa-aktiwiteite geskors is oor ’n bakleiery wat twee weke terug op die veld uitgebreek het.

Nafa het gesê die punte sal aan spanne oorhandig word tot en met die dissiplinêre verhoor met Sibanye en Lads voltooi is.

Dit beteken Sibanye val nou na die derde plek op die log, met Helenvale en Blackpool wat nou in die eerste en tweede plek is.

Helenvale en Blackpool is dus gelyk op punte (19), met Sibanye nou een punt agter.

Gelukkig

Nes Sibanye, is Lads se punte ook aan hulle teenstanders Park United en Fairdene oorhandig.

Gelukkig verloor Lads nie enige plekke nie en bly hulle in die 14de plek op die log.

Nafa wou nie kommentaar lewer op die vraag wanneer die dissiplinêre verhoor se uitslag bekend gemaak sal word nie.

Dit beteken dat Sibanye, wat so goeid begin het, die komende naweek selfs ’n derde wedstryd se punte kan afstaan.

Die uitslae is:

Week 8:

Stardrift 3, Bloom Callies 0; Helenvale 2, Wolves 2; West Lake 2, Sibanye 0 (afhangende van DC-uitslag); Park United 0, Blackpool 2; Fairdene 2, Lads 0 (afhangende van DC-uitslag); Glenville 2, Shamrocks 1; Celtic 2, Fairview Rovers 1; Ramblers t Hotspurs (protes).

Week 9:

Shamrocks 3, Bloom Callies 0; Stardrift 3, Wolves 2; Helenvale 2, Sibanye 0 (afhangende van DC-uitslag); West Lake 1, Blackpool 2; Park United 2, Lads 0 (afhangende van DC-uitslag); Glenville 1, Fairview Rovers 7; Celtic 2, Hotspurs 1.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters