5 maande gelede
Hawies lok oud-Maties na Cheetahs
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MAY 25: Chris Massyn of
Chris Massyn gaan 'n Cheetah word.  ~ gallo images

TWEE spelers van die Maties se seëvierende Varsitybeker-span het hul afrigter, Hawies Fourie, na die Cheetahs gevolg.

Chris Massyn, flank en kaptein, wat sy span tot die 2019 Varsitybeker gelei het, en die Speler van die toernooi, die senter Chris Smit, het albei kontrakte van twee jaar met die Vrystaatse span gesluit.

Die twee, wat onderskeidelik tans Curriebeker vir die Westelike Provinsie en Griekwas speel, sluit by Fourie aan wat onlangs as Cheetahs-afrigter aangekondig is.

Fourie is tans besig om 'n sterk span te bou wat later vanjaar in die Pro14-kompetisie gaan uitdraf.

Saam met die twee Maties-spelers, het die Sharks se veelsydige agterspeler Rhyno Smith, wat voorheen Pro14-rugby vir die Cheetahs gespeel het, ook besluit om hom vir die volgende drie jaar in Bloemfontein te vestig.

Die nuwe aanwinste kom ná die Cheetahs laas week ook die veteraan Springbok-skrumskakel se handtekening bekom het.

Pienaar het 88 toetste vir die Springbokke gespeel en 141 keer vir die Ierse klubspan, Ulster, uitgedraf.

Die haker Wilmar Arnoldi, wat saam met Smit by Griekwas speel, gaan ook die oranje trui oor sy kop trek.

Al vier spelers sal ná die Curriebeker by die Cheetahs aansluit. - OFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters