5 maande gelede
Hane ‘wen’ volgende Wêreldbeker
Die voormalige Engelse afrigter Clive Woodward.  ~ Gallo Images

DIE Suidelike halfrond se rugbyspanne is volgens ‘n voormalige afrigter van Engeland nie meer ’n krag nie.

Daarom glo Sir Clive Woodward, wie Engeland in 2003 tot Wêreldbekerglorie afgerig het, die volgende wenner van dié vierjaarlikse toernooi gaan Frankryk wees.

Volgens hom moet Engeland juis nou al die Franse begin ernstiger opneem as die Springbokke (huidige wêreldkampioene), All Blacks en Wallabies.

Gedurende my loopbaan as afrigter en nou wat ek in die media werk, het ek die Suidelike halfrond se reuse as die maatstaf beskou. Klop hulle gereeld, veral weg van Twickenham af, en jy sal uiteindelik die wêreld se beste word, het Woodward in sy weeklike rubriek vir die Daily Mail geskryf.

“As daar vorentoe gekyk word na die finale naweek van die lang uitgestelde Sesnasies vir 2020, voel ek Frankryk is die span teen wie Engeland homself moet begin opweeg.

“Daar is nog drie jaar oor voor die volgende Wêreldbekertoernooi en Frankryk, op tuisbodem, is die span wie ek op wed om te wen. Van nou af moet Engeland daarna streef om hulle in elke departement te kan aanvat.”

Volgens Woodward is daar hope tyd oor vir Frankyk om in ’n gedugte span te ontwikkel en hy het al reeds sterkpunte in verskillende areas van die Hane se span gesien.

“Die Franse is ver van die afgeronde produk, maar ek sien ’n uitsonderlike generasie van briljante spelers – voorspelers en agterspelers – wat saam besig is om volwasse te raak,” het Woodward geskryf.

“Fabian Galthie (afrigter) en Shaun Edwards (hulpafrigter) moet net die paar los kanonne voorlangs uitsorteer en die dissipline regkry, dan gaan hulle ‘n formidabele span het.

Antoine Dupont (skumskakel) en Romain Ntamack (losskakel) het die potensiaal om die wêreld se beste skakelpaar te word, die senterkombinasie van Virimi Vakatawa en Gale Fickou is fantasties, daar is ’n driedrukker soos Teddy Thomas en spelers met daai magic soos Thomas Ramos.

“Camille Chat lei ’n pak voorspelers wat groot, atletiese en gemeen is.”    

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters