6 dae gelede
Gunners toer nie oorsee
Fabian Delph
Fabian Delph  ~ _Getty Images

ARSENAL het besluit om sy beplande toer in Amerika te kanselleer ná ’n paar positiewe Covid-19-gevalle by die klub.

Die Gunners sou aan die Florida Cup deelgeneem het.

Everton, Inter Milan en Millonarios van Colombië speel ook in dié toernooi.

“Ons het dié moeilike besluit geneem om die gesondheid en welstand van ons spelers en personeel te verseker,” het die Engelse Premierligaklub in ’n verklaring gesê.

Arsenal se eerste wedstryd in die Florida Cup sou teen Inter Milan gewees het.

Everton skop sy deelname af met ’n wedstryd teen Millonarios.

Daar was ook ’n Covid scare in die Everton-kamp voor sy vertrek na Amerika.

Die middelveldspeler Fabian Delph sal nie saam met die span na Orlando reis nie – hy het in kontak gekom met iemand wat positief vir die virus getoets is.

Identiteit

Delph sal weer by Everton se oefenbasis begin oefen wanneer sy kwarantynperiode verby is.

Intussen is die identiteit van die Everton-speler wat van ’n seksuele misdryf aangekla word nog nie bekend nie. Dié speler is tydelik geskors.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters