13 dae gelede
Guardiola swyg nou
Uitgepraat? Jürgen Klopp (Liverpool) en Pep Guardiola (Man City) lyk nie te bly om mekaar te sien nie.  ~ Getty Images

DIE bestuurder van Manchester City, Pep Guardiola, sê hy gaan nie nog “olie op die vuur giet” wat die Sadio Mané-sage betref nie.

Dis nadat Guardiola die Liverpool-speler daarvan beskuldig het dat hy ’n diver is, en dís waarom penalties laat in wedstryde aan Liverpool toegeken word.

Liverpool geniet ’n voorsprong van ses punte op City. Hulle pak mekaar Sondag op Anfield, en dis duidelik die sielkundige oorlog woed reeds.

Verbaas

Maksimum punte vir die Merseysiders sal hulle stewiger in die driving seat wikkel, veral met die besige festive season wat voorlê.

Liverpool se bestuurder, Jürgen Klopp, is verbaas oor Guardiola se uitlating oor sy speler. Tog het Klopp City beskuldig van “tactical foul­ing”.

Daarop het Guardiola bloot gesê: “Geen kommentaar nie. Ek giet nie olie op die vuur nie.” – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters