Verlede maand
Groot sege sit Black Caps boaan puntelys
Kane Williamson  ~ Getty Images

DIE Nieu-Seelandse Black Caps het Woensdag in die tweede toets ’n reuse-oorwinning van ’n beurt en 176 lopies oor Pakistan behaal. Dit het hulle tot boaan die ICC-toetsranglys geneem.

Die kaptein, Kane Williamson (238), Henry Nicholls (157) en Daryl Mitchell (102*) se skitterende kolfvertoning het die Black Caps in ’n sterk posisie geplaas voordat die boulers die res gaan doen het.

Die dag het op 8-1 begin. Dit het nie lank geduur voordat Trent Boult en die groentjie Kyle Jamieson die regte lyn en lengtes gevind het nie en die paaltjies van die naguiltjie, Mohammad Abbas, en Abid Ali opgetel het.

Veral die langeraat Jamieson was doeltreffend. Hy het die Paki­stanse middelorde geskeur deur van Haris Sohail en Azhar Ali ontslae te raak. Laasgenoemde se 37 was uiteindelik die hoogste telling vir die Pakistani’s.

Slagoffers

Jamieson het sy vyfde paaltjie van die beurt laat kantel toe hy Mohammad Rizwan, met Pakistan op 98-6, laat terugstap het.

Boult het nog twee slagoffers bygevoeg, terwyl Jamieson ’n sesde paaltjie opgetel het toe Paki­stan vir slegs 187 almal uitgeknikker is.

Jamieson is as speler van die wedstryd aangewys vir sy 11 paaltjies in die stryd, terwyl Williamson met die prys vir speler van die reeks weggestap het.

Die reekssege plaas Nieu-Seeland nou bo Australië op die toetsranglys en in die eerste plek.

Pakistan het min tyd om sy wonde te lek. Hy speel vanaf 26 Januarie tot 26 Februarie tuis in ’n tweetoets-reeks en drie T20I’s teen Suid-Afrika.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters