13 dae gelede
Gróót 2021 vir Lerena
MIK HOOG: Peter Smith, afrigter van Kevin Lerena.  ~ Nick Lourens

KEVIN Lerena, Suid-Afrika se IBO-tussengewigkampioen, klim eers vroeg volgende jaar weer deur die toue.

Só sê sy afrigter, Peter Smith, in ’n onderhoud met Brian Mitchell op Golden Gloves se webblad.

Smith sê Lerena se skoueroperasie het al byna 100% herstel en hy behoort in Januarie of Februarie gereed te wees vir sy volgende geveg.

“Kevin het in sy laaste twee gevegte teen Firat Arslan en Sefer Seferi met ongemak in sy skouer geboks.

“Gelukkig het die pyn nie verhoed dat hy albei gevegte wen nie.

“Die lockdown was eintlik vir ons ’n bedekte seën.

“Terwyl niemand kon boks of gimnasiums besoek nie, het dit Kevin die geleentheid gegee om te laat opereer.

“Nou is hy feitlik weer slaggereed.

“2021 gaan sy gróót jaar wees. Ek verseker jou hy gaan die bestes slae gee, ongeag teen wie hy boks.”

Lerena het tot dusver 25 van sy 26 gevegte gewen.

Smith het ook gepraat oor Rowan Campbell se krag­meting met Ryno Liebenberg op 12 Desember by Emperors Palace.

Vermag

“Hier is twee skitterende boksers wat albei gaan opdaag om te wen.

“Ryno is rateltaai, maar ek glo Rowan gaan nog iets baie spesiaals vermag.

“Hy het ál die tools om dit te doen.

“Ja, Ryno is geen paloeka nie, maar hy weet hy is in vir ’n fight.

“Dié een gaan ’n grote wees,” het Smith gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters