2 maande gelede
Groepe vir rugby-WB nou groter
Bill Beaumont  ~ Getty Images

DIE Springbokke en ander deelnemende rugbylande aan 2023 se Wêreldbekertoernooi in Frankryk sal nou meer spelers saam na dié toernooi kan vat.

Wêreldrugby (die beheerliggaam) het aangekondig hy gaan toelaat dat spanne 33 spelers, in plaas van net 31 soos in vorige toernooie, saam kan bring.

Daar word ook nou voorsiening gemaak vir meer rusdae tussen wedstryde.

Agenda

Dié nuus sal veral kleiner lidlande breed laat glimlag, aangesien sommige van hulle net vier dae rus tussen wedstryde ontvang het. En dan boonop nog teen van die sterkste spanne in rugby moet probeer meeding.

“Hierdie is ’n groot dag vir Wêreldbekerrugby en die sport, het Bill Beau­mont, die voorsitter van Wêreldrugby, oor die veranderinge gesê.

“As ’n rugby-pa, voormalige speler, ondersteuner en administrateur is speler-welstand heel bo aan my agenda. En hierdie aankondiging bewys my verbintenis daartoe.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters