5 maande gelede
G’n pouse in Superrugby
IN BUL-KRAAL: Die Stormers en Bulls begin die SA seisoen.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Stormers skop hul Superrugby-veldtog in 2019 af met ’n wedstryd teen die Bulls op Loftus Versfeld.

Volgens Sanzaar se loting vir volgende jaar se kompetisie pak die Chiefs en die Highlanders mekaar in die openingswedstryd op Vrydag 15 Februarie.

Volgende jaar se reeks loop aaneen sonder ’n onderbreking van internasionale wedstryde.

Die Bulls en die Stormers speel op Saterdag 16 Februarie.

Suid-Afrika se ander twee franchises, die Sharks en die Lions, sal ook op 16 Februarie in aksie wees.

Die Sharks reis na Japan om die Sunwolves te pak, terwyl die Lions hul veldtog begin met ’n kragmeting met die Jaguares in Argentinië.

Die Stormers se tweede wedstryd is ’n week later op Nuweland wanneer hulle gasheer speel vir die Lions.

Die Sharks is ook terug in die land vir hul tweede wedstryd teen die Blues.

Die program vir Suid-Afrikaanse spanne vir die eerste paar weke is:

16 Februarie: Sun­wolves t Sharks; Bulls t Stormers; Jaguares t Lions.

23 Februarie: Sharks t Blues; Storm­ers t Lions; Jaguares t Bulls.

2 Maart: Lions t Bulls; Sharks t Stormers­.

9 Maart: Lions t Jaguares; Bulls t Sharks.

15 Maart: Stormers t Jaguares; Lions t Rebels.

23 Maart: Hurricanes t Stormers; Sunwolves t Lions­; Bulls t Chiefs; Sharks t Rebels.

30 Maart: Blues t Storm­ers; Sharks t Bulls.

5 April: Reds t Storm­ers; Lions t Sharks.

6 April: Bulls t Jaguares.

12 April: Rebels t Stormers.

13 April: Brumbies t Lions; Sharks t Jaguares; Bulls t Reds.

19 April: Sharks t Reds.

20 April: Stormers t Brumbies.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters