3 dae gelede
Giraffe versterk Bulls
Mheli “Giraffe” Dlamini
Mheli “Giraffe” Dlamini  ~ 

DIE Bulls het Woensdag hul diepte in die voorry versterk met die reuse stut Mheli “Giraffe” Dlamini.

Dlamini, is afkomstig van die Kwazulu-Natal se Crusaders rugbyklub in Durban-Noord.

Die vaskopstut, wat deur sy spanmaats as Giraffe gedoop is, het voorheen vir die Griffins in die eerste afdeling van Curriebeker-kompetisie gespeel voordat hy klubrugby in Durban gaan speel het.

Hy het die Balito Dolphins verteenwoordig voordat hy by die Crusaders in Durban North aangesluit het.

Die saggeaarde reus wat 1,89 meter in sy rugbystewels staan laat ’n paar van sy medestutte kleiner lyk as wat hulle eintlik is.

Op die veld is hy bekend vir sy vreeslose verdediging. Ondanks sy grootte, is hy baie beweeglik oor die veld.

"Mheli is ’n goeie voorbeeld van die rugbyjuwele wat nog nie sy volle potensiaal bereik het en nog nie heeltemal geslyp is nie," noem Jake White, direkteur van rugby by die Bulls.

"Sy speelvermoë pas by wat ons graag by die Bulls soek. Hy sal baie leer onder toesig van ons talle Springbok-voorrymanne. Ons sien uit na wat hy na die tafel haan bring."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters