8 dae gelede
Gidey stel rekord in 10 000 op
Letesenbet Gidey  ~ Getty Images

LETESENBET Gidey van Ethiopië het gister In Hengelo ’n nuwe rekord in die 10 000 m vir vroue opgestel.

Dit kom net twee dae nadat Sifan Hassan Sondag die vorige rekord met haar tyd van 29:06.82 verbeter het.

Gidey het egter gister dié tyd op dieselfde baan verpletter en die wenstreep in 29:01.03 oorgesteek.

Die Ethiopiër het in 2020 ook die wêreldrekord van 14:06.62 in die 5 000 m opgestel.

Sy was gister meer as ’n minuut voor die silwermedaljewenner, Tsigie Gebreselama (30:06.01), oor die eindstreep.

“Ek het verwag om ’n nuwe rekord op te stel,” het die 23-jarige vol vertroue gesê.

Sy het nou die eerste vrou geword sedert Ingrid Kristiansen van Noorweë wat met die wêreld se vinnigste tye in die 5 000 én 10 000 spog.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters