13 dae gelede
Giants reg vir Spartans
VOL VERTROUE: Jon-Jon Smuts meen die Giants kan vandag weer op die wenpad kom.  ~ Gallo Images

DIE Nelson Mandela Bay ­ Giants moet vandag op St. Georgepark teen die Tshwane Spartans hulle tuisveld-voordeel laat tel in die Mzansi Superliga.

Dit is die Giants se laaste tuiswedstryd van die kompetisie. Hulle sal daarna weg moet speel teen die Cape Town Blitz en Paarl Rocks.

Nadat die Blitz Sondag op Nuweland die Tshwane Spartans geklop het, lê die Giants weer in die tweede plek op die Superliga-punteleer.

Die Giants is met 19 punte gelyk met die Spartans.

As die Giants steeds hoop om in die uitspeelwedstryde of bo-aan die punteleer te eindig, sal hulle definitief vandag die Spartans ’n ding of twee moet wys.

Die Giants se kaptein, Jon-Jon Smuts, sê hulle is vol selfvertroue dat die tuisvoordeel hulle sal help.

Ondersteuning

“Ons hoop om beter te vaar by die huis, veral ná die twee agtereenvolgende nederlae.

“Die Baaise ondersteuners is altyd agter ons en daarom hoop ons om hulle terug te betaal vir hulle ondersteuning,” het Smuts gesê.

Die Rocks is met 23 punte bo-aan die Superliga-punteleer, maar die Giants kan gelyk trek met ’n oorwinning vandag.

“Ek dink dinge is baie tight in die kompetisie – en dit is presies wat mense wil sien – maar ons mik om vandag ’n oorwinning op te tel.”

Die Giants sal weer op Chris Morris en Imran Tahir staatmaak om die Spartans te laat les opsê. Morris is nie net bruikbaar met die bal nie, maar het ook reeds in die kompetisie die Giants oor die lyn gehelp met sy kolf.

  • Die Giants se oorsese paar, Jason Roy (Engeland) en Ben bydraes gelewer en gaan vandag net so belangrik wees.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters