13 dae gelede
Giants ‘het die regte MSL mix’
REG: Jon-Jon Smuts (links, kaptein) is by Eric Simons (afrigter) en Robin Peterson (hulpafrigter).  ~ Gallo Images

DIE Nelson Mandela Bay Giants sê hulle wil die Mzansi Super League (MSL)­ vir Baaise ondersteuners probeer wen.

Die Giants begin hulle veldtog Sondag teen die Jozi Stars op St. George-park.

Eric Simons, Giants se brei er, sê die span is gereed en het goeie spelers en afrigters.

Begin

Die Wêreldbeker-wenner van 2019 Jason Roy van Engeland is een van die Giants se sterre.

Hy is vanjaar terug. Dié keer is hy vanaf die begin van die veldtog beskikbaar.

Roy het verlede seisoen net drie wedstryde gespeel.

Simons sê om Roy vanaf die begin te hê, is belangrik.

“Ons weet hy is ’n goeie speler en hy’t laas seisoen ’n goeie impak gemaak in die paar wedstryde wat hy gespeel het, maar om hom nou van die begin af te hê, is besonders.

“Hy is ’n Wêreldbeker-wenner. So, hy het sedert laas seisoen ook gegroei.”

Boul

Ben Dunk, ’n Australiese veelsydige speler, is ’n nuwe internasionale speler.

Simons sê Dunk is iemand wat baie dinge kan doen, en in T20 is dit goed.

“Dunk kan kolf, boul en paaltjiewagter wees. So, hy is werklik veelsydig.

“Hy kolf links en dis iets wat ons nodig het.”

Jon-Jon Smuts, kaptein van die Giants, sê die span wil voortbou op verlede seisoen se vertonings.

“Ons het goed gespeel. Ons wil weer aggressief wees en die ondersteuners vermaak,” verduidelik Smuts.

Die Giants het ook ’n nuwe hulpafrigter in die ervare Robin Peterson.

Peterson sê hy is trots om ’n lid van die Giants te wees en is gretig om aan die gang te kom.

Voorbereid

“Ek voel goed om by die huis te wees, veral oor dit ook my eerste afrigterspos is.

“Ek voel as ons goed voorbereid is, sal ons goed doen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters