6 dae gelede
‘Gewigoptel wurg dood'
 Mona Pretorius
HARTSEERSAAK: Mona Pretorius se hart bloei vir gewigoptel in Suid-Afrika.  ~ _GETTY IMAGES

GEEN finansiële bystand, geen ontwikkelingsprogram, geen nasionale oefenkampe en geen nasionale afrigter nie ...

Dít blyk die groot probleme in Suid-Afrikaanse gewigoptel te wees wat die sport se vinnige agteruitgang kenmerk, glo afrigters en administrateurs.

Die SA vrouekampioen en Afrika se vroueverteenwoordiger by die IWF, Mona Pretorius, sê die standaard en getalle van vrouedeelnemers het die afgelope 10 tot 15 jaar beslis geval.

“In die verlede was ons span baie sterk en het ons gereeld met ’n klomp medaljes weggestap van internasionale kompetisies.

“Nou is ons gelukkig as ons met een of dalk twee medaljes wegkom,” sê sy aan Son uit Nieu-Seeland.

Pretorius voel dié situasie is ’n baie hartseersaak.

“Toe ek 21 jaar gelede met die sport begin het, het ons vier keer per jaar oorsee gegaan en selfs met ’n salaris op ’n jong ouderdom is ons goed ondersteun.

“Ons het sponsors gehad en ek het elke tweede naweek Kaap toe gevlieg vir oefenkampe.

“Deesdae is daar geen incentive om atlete hard te laat werk nie.

“ ’n Gebrek aan finansiële support is besig om die sport dood te wurg. Elke atleet is tans self-funded,” sê sy.

Pretorius sê toe sy in 2018 die bronsmedalje by die Statebondspele gewen en die Afrika-kampioen was, was daar net ’n “bietjie” geld, wat gemaak het dat geen atleet voltyds kon oefen nie.

“Ek het daarna my eie pad gevolg en in Amerika werk gekry as afrigter,” voeg sy by. “Daar het my oë oopgegaan en ek het gesien hoe talent in Suid-Afrika vermors word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters