12 dae gelede
Gesondheid nou Neville se prioriteit
Gary Neville  ~ Getty Images

GARY Neville, voormalige kaptein van Manchester United, reken daar is te veel kommer verbonde aan wedstryde wat in geslote venues gespeel moet word.

Boonop meen die 45-jarige pundit vir Sky Sports dis ook te vroeg om dit te laat gebeur.

Die Engelse Premierliga is tans tot 30 April gestaak weens die corona-pandemie. Om wedstryde sonder fans te speel, is straks een manier hoe dié games kan voortgaan.

Maar volgens Neville vat dit ’n essensiële deel van sokker weg.

“Vir eers moet die agter-geslote-hekke-gedagte eers kom ná die gesondheid,” sê Neville.

“Sal fans buite by die stadion opdaag? Of saamdrom as hulle span promosie wen of relegeer word?

“Hoe stop ons dit? Daar is te veel kommer,” reken hy. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters