Verlede maand
Geliefde softballer onthou wat skielik sterf
Gert van der Walt  ~ Verskaf

GERT van der Walt was ’n amazing persoon en ’n reus van ’n man onder die sagtebalgemeenskap. Hy was selfs op verre velde buite die grense van die Wes-Kaap welbekend.

Van der Walt, vir wie mense beskryf as “dinamiet” en die “favourite son of men’s softball”, is op Saterdag 13 Februarie oorlede. Hy sou in Maart sy 40ste verjaardag gevier het.

Die Cape Town softball fraternity is hartseer en in skok oor sy onverwagte afsterwe.

Van der Walt was sedert sy tienerjare by Pirates betrokke en het daar klub­sagtebal gespeel.

Die minlike Van der Walt het ook meer as ’n dekade die Westelike Provinsie-span verteenwoordig. As vanger het hy hom bewys as een die top-spelers in Suid-Afrika.

Die provinsie en Softball South Africa het Van der Walt met eretoekennings vereer en in 2009 het hy Suid-Afrika se nasionale manspan by die Men’s World Championship in Kanada verteenwoordig.

Van der Walt was ’n speler duisend. In sy rooskleurige loopbaan het hy Suid-Afrika ook in twee Zone 6-toernooie en ’n Zeister Slot-toernooi in Nederland verteenwoordig.

Humorsin

Die internasionale skeids­­regter Noore Nacerodien is ’n voormalige leier van sagtebal in die provinsie is al meer as 30 jaar by die sport betrokke.

Nacerodien vertel Van der Walt was eenvoudig ’n amazing persoon en almal het van sy persoonlikheid en humorsin gehou.

“Gert was eerstens ’n team-man. Hy het homself nooit op die ball park (speelterrein) as ’n grootkop-speler beskou nie.

“Gert was ’n softballer met hope talent en hy was lief vir die sport. Hy het ook ander gehelp wat afrigting benodig het.

“Sy dienste sal erg gemis word. Die provinsie het ’n uitstekende catcher verloor. Dit sal lank neem voordat sy skoene gevul word.”

Van der Walt laat sy vrou, Kim, kinders en die Van der Walt- en Dodgen-familie agter.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters