3 maande gelede
Fury wil Hearn warm klap
TYSON FURYFoto: Getty Images  ~ 

HOU jou bek – of jy gaan seerkry!

Dís die waarskuwing van die Britse swaargewigbokser Tyson Fury aan An­thony Joshua se promotor, Eddie Hearn.

Dié bekgeveg volg nadat Hearn neerhalende aanmerkings oor Fury se teenstander gemaak het.

Fury boks op 15 Junie in Las Vegas teen die Duitser Tom Schwarz.

Dit sal sy eerste geveg wees sedert hy op 1 Desember verlede jaar teen Deontay Wilder gelykop geboks het.

Ervaring

Hearn is baie krities oor Schwarz.

Al is Schwarz onoorwonne ná 24 gevegte, reken Hearn: “Dis ’n grap. Schwarz het géén ervaring op dié vlak nie.

“Waarom sou Fury so ’n maklike teenstander kies om teen te boks?”

Fury is furious.

Hy het teenoor Express teruggekap: “Ek is siek en sat vir al die bullsh*t-speletjies.

“Die volgende keer dat jy rubbish oor my gaan praat, gaan ek ál jou tande vir jou inslaan.

“Hou jou bek, of jy gaan seerkry. Jy is net blerrie jaloers.

“Eddie Hearn, jy kan nie boks nie. Schwarz sal jou met een linker slaan dat jy ’n week slaap.”

Fury sal een of ander tyd sy kans teen Joshua kry.

Die kanse is goed dat so ’n geveg volgende jaar sal plaasvind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters