4 dae gelede
Frustrasie vir Tian Fick
Tian Fick  ~ Verskaf

FRUSTRASIE op frustrasie op frustrasie.

Dís hoe November vir Suid-Afrika se swaargewigbokskampioen, Tian Fick, verloop het.

Fick sou sy titel op 6 November op ’n BoxOp-toernooi by die Times Square SunBet Arena in Pretoria teen Luke Sutherland verdedig het.

Net toe hy gereed was vir die geveg, word dit op kort kennisgewing na 27 November uitgestel.

En wéér het probleme opgeduik wat veroorsaak het dat dié geveg gekanselleer moes word.

Fick gaan nou op 10 Desember op die promotor Jackie Brice se toernooi in die Kaap teen Sutherland boks.

“Ja, dis helse frustrerend,” beaam Fick.

Dis egter nie waar sy frustrasies ophou nie.

Fick het onlangs gesê hy sal binnekort ’n groot internasionale geveg in Februarie bekend maak.

Maar toe gebeur dit weer.

“My datums vir volgende jaar se internasionale gevegte het nou reeds twee keer verander.

“Dit was eers Februarie, toe Maart en nou Junie.

“So, wat kan ek daaraan doen?

“Ek moet maar net aanhou vir nou. Daar is geen ander uitweg nie,” sê hy.

’n Mens kan Fick nie blameer as hy gatvol is vir swak reëlings nie.

Boks in Suid-Afrika het die laaste paar jaar juis nie ’n goeie naam nie.

FRUSTRASIE op frustrasie op frustrasie.

Dís hoe November vir Suid-Afrika se swaargewigbokskampioen, Tian Fick, verloop het.

Fick sou sy titel op 6 November op ’n Boxop-toernooi by die Times Square SunBet Arena in Pretoria teen Luke Sutherland verteenwoordig het.

Net toe hy gereed was vir die geveg word dit op kort kennisgewing na 27 November uitgestel.

En wéér het probleme opgeduik wat veroorsaak het dat die geveg gekanselleer is.

Nou boks Fick op 10 Desember teen Sutherland op Jackie Brice se toernooi in die Kaap.

“Ja, dis hels frustrerend,” sê Fick.

Dis egter nie waar sy frustrasie ophou nie.

Fick het onlangs gesê hy sal binnekort ’n groot internasionale geveg in Februarie bekend maak.

Maar toe gebeur dit weer.

“My datums vir volgende jaar se internasionale gevegte het nou reeds twee keer verander.

“Dit was eers Februarie, toe Maart en nou Junie.

“So, wat kan ek daaraan doen?

“Ek maar maar net aanhou vir nou. Daar is geen ander uitweg nie,” sê hy.

Mens kan Fick nie blameer as hy gatvol is vir swak reëlings nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters