Verlede maand
Fouché terug op 10 vir Pumas
Eddie Fouché  ~  Gallo Images

DIE Lions sal nie dieselfde fout wil maak as die Bulls om ’n verswakte span vir Vrydagaand se kragmeting met die Pumas op Ellispark in Johannesburg te kies nie.

Jake White (afrigter) van die Bulls het laas maand ’n B-span gekies om die Pumas in Nelspruit aan te durf.

Die Bulls se span, gelaai met o. 21-spelers, is ’n duur les geleer.

Die Pretorianers is met 14-44 deur ’n begeesterde Pumas-span verpletter.

’n Soortgelyke Pumas-span gaan teen ’n Lions-span, gelaai met welpies, in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse voorbereidingsreeks te staan kom.

Opgedoen

Die groot verskil vir die Pumas gaan egter op losskakel, wees waar die ster-spelskepper Eddie Fouché terugkeer nadat hy herstel het van ’n heupbesering.

Fouché het die be­sering in Oktober in die derde ronde van die Superrugby Unlocked-kompetisie opgedoen.

Hy het voor die be­sering ’n uitstekende spelpeil gehandhaaf.

Sy insluiting in die nr. 10-trui beteken dat die Pumas weer vir Devon Williams na heel­agter kan skuif.

Dié twee sal onge­twyfeld die Lions se verdedigingstrukture­ behoorlik op die proef stel.

Pumas – Devon Wil­liams, Luther Obi, Alwayno Visagie, Wayne van der Bank, Etienne Taljaard, Eddie Fouché, Giovan Snyman, Willie Engelbrecht, Ewart Potgieter, Daniel Maartens, Pieter van Vuuren (kaptein), Bran­don Valentine, Ig Prinsloo, Simon Westraadt, Morgan Naudé.

BANK: Abraham le Roux, Liam Hendricks, Dewald Maritz, Le Roux Roets, Kwanda Dimaza, Ginter Smuts, Ali Mgijima, Tapiwa Mafura.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters