2 maande gelede
Folau se kontrak beëindig
ISRAEL FOLAUFoto: GETTY IMAGES  ~ 

AUSTRALIË se rugbybase het die Wallaby-heelagter, Israel Folau, se kontrak beëindig.

Raelene Castle, uitvoerende hoof van Rugby Australië, sê Folau het hom skuldig gemaak aan ’n “hoëvlak-oortreding van die beroepspelers se gedragskode. Dit regverdig sy afdanking.”

Dít kom nadat Folau hom weer in die sop bevind het weens sy uitlatings in die sosiale media. Hy dink gay mense gaan hel toe as hulle hul nie bekeer nie.

Castle sê Folau is amptelik en herhaaldelik gewaarsku oor wat van hom verwag word as ’n speler van die Wallabies en die Waratahs.

Volgens ABC Sporthet Folau 48 uur om die beënidiging van sy kontrak te aanvaar, anders sal hy verhoor word oor sy uitlatings. – Stuff

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters