2 maande gelede
Finals in Belhar
BENNETT BAILEY Foto: SERAJ JONES  ~ 

DIS nogal ’n jammerte dat die grootste bekerkompetisie in die Kaap nié sy gordyn by die geskikte tuiste sal kan laat sak nie.

Dit volg nadat Safa CT en sy affiliasies ’n bitter pil moes sluk met die nuus dat die finals van die prestigeryke Coke Cup na die Erica Park-sportvelde in Belhar verskuif is.

Son verneem die besluit het met meer te doen as net die swak toestand van die speelveld.

Dis ook glo weens die probleme en uitdagings met die rioolstelsel wat nie na wense is nie en summier opgeknap moet word.

Daarom sal die all Mitchells Plain-derby tussen Juventus en Bayview FC Saterdag op Erica Park beslis word.

Dis net die tweede keer in die geskiedenis van die bekerreeks dat ’n final tussen twee spanne van die dieselfde tuisdorp beslis sal word.

Demper

In die vroue-eindstryd pak Spurs Ladies en UWC Ladies mekaar, terwyl Silver Spurs en Grassy Park mekaar in die o. 18-eindstryd aandurf.

Daar kan net gehoop word dat die skuif nie ’n demper op die spelers en fans se geesdrif sal plaas nie.

Vir Bennett Bailey, president van Safa CT, wat nog vas geglo het die Athlone-stadion sal wel beskikbaar wees vir Saterdag se finals, is dit ongesiene toestande wat geheel en al buite hulle beheer is.

“Ons maak die beste van die slegte situasie,” het Bailey gister gesê. “Ek doen ook ’n beroep op die fans van die onderskeie spanne om weer hulle gees saam te bring.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters