5 dae gelede
Finaal stuur op riller af
Charl Pietersen  ~ VERSKAF

ROYAL Falcon se uitdaag-darts-toernooi met prysgeld van R50 000 was tot dusver só gewild dat Sondag se finaal in die Waterfront soortgelyke toernooie in die toekoms kan verseker.

Met die sport wat deesdae in die Wes-Kaap ongekende groei toon, sal dit ’n groot kompliment vir die darts-gemeenskap wees as die borg sou besluit om dié toernooi elke jaar aan te bied.

’n Toernooi van dié aard kan ook Suid-Afrika se voorste spelers behoorlik vir die internasionale verhoog slyp.

Verskeie spelers maak sterk op die R50 000 aanspraak. Een van hulle is die ervare Charl Pietersen, wat al op die wêreldverhoog in aksie was.

Verkeerdelik

Dis egter Charles Losper wat sal wil wys hy is slaggereed om Suid-Afrika volgende maand by die World Champs te verteenwoordig.

  • Son het vroeër verkeerdelik berig die semi-finaal is Vrydag en die finaal Saterdag. Dit moet inderdaad Saterdag en Sondag wees.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters