Verlede maand
Fans (met sertifikate) terug
BENNETT BAILEY  ~ _MARK WARD

SOKKERONDERSTEUNERS kan uiteindelik weer hul gunstelingspelers in lewende lywe gaan dophou.

Maar – net fans wat hul vaccination certificates wys, sal toegelaat word om terug te keer na die sportvelde en stadions.

Dit beteken dat die Coca-Cola Cup-eindstryde, wat môre op Erica Park in Belhar plaasvind, die eerste plaas­like event sal wees waar toeskouers toegelaat gaan word.

Sedert Covid-19 sport in die land in 2019 tot stilstand gebring het, was die sportvelde leeg wanneer daar wel wedstryde gespeel is.

Bennett Bailey, president van Safa CT, het gesê nie meer as 1 000 toeskouers sal op Erica Park toegelaat word nie.

Kaartjies is aan die verskillende LFA’s toegeken.

Krediet

“Elke toeskouer sal ook ’n kleurbandjie ontvang wat sal aandui waar hy of sy moet sit,” het Bailey ver­duidelik.

Bailey en sy organisasie verdien krediet vir hul proaktiewe inisiatief “Football Must Be Played” om die sportsoort aan die gang te hou te midde van die pandemie.

“Ja dit was so eina-eina, maar ons het deurgedruk.

“Ons almal weet die pandemie het ’n enorme negatiewe invloed op gemeenskappe gehad en dit is steeds met ons.

“Ons het gevoel dat sokker die sportsoort is wat mense positief kan hou.

“Al moes ons ook sonder toeskouers speel. Ons het byvoorbeeld ook talle kursusse via live streaming aangebied,” het Bailey gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters