2 maande gelede
Family affair gons in SA
maak so! Is Lee Baxter se insluiting in Bafana Bafana se tegniese span nepotisme? Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Bafana Bafana-afrigter, Stuart­ Baxter, se besluit om sy klong as doelwagter-afrigter aan te stel, het die land aan die gons.

Baxter het sy seun, Lee (42), nader getrek as dekking vir André Arendse, wat hom weens persoonlike redes aan die nasionale span onttrek het.

Topposisie

Baxter-hulle maak tans gereed vir Saterdag se 2019 Afrikabeker- kwalifiseringstryd teen Libië in die Moses Mabhida-stadion.

Maksimum punte vir Suid-Afrika sal hom die topposisie in groep E besorg nadat hy Nigerië met 2-0 geklop het in sy eerste wedstryd­ van die kwalifiseringsveldtog.

Baxter moes sedert Lee se aanstelling omtrént vure doodslaan en try regverdig waarom sy seun se aanstelling nié ’n vorm van nepotisme is nie. Dít is nadat die Skot Maritzburg United se Arthur Bartman en Wendell Robinson van Mamelodi Sundowns oor die hoof gesien het.

Baxter het sy seun, wat tans op Kaizer Chiefs se boeke is, ook ’n gap gegee by die Turkse klub Genclerbirligi, sowel as by SuperSport United, waar eersgenoemde gebrei het.

Volgens Baxter het hy egter die besluit geneem met Bafana Bafana­ se belange op die hart.

“Weens André se onttrekking op die laaste minuut dink ek Lee is verreweg die mees gekwalifiseerde afrigter in die land,” het Baxter op ’n nuuskonferensie gesê.

“Lee het saam met my gewerk in Turkye en by SuperSport Unit­ed.

“Hy is tans Itumeleng Khune se afrigter by Chiefs en het ook met Ronwen Williams by United gewerk.

“Hy ken sekerlik die helfte van die spelers in my groep.

“Ons het nie nóg tyd tot ons beskikking om rond te gaan in die land en kandidate te interview nie.

“Daar is regtig niemand anders met wie ek gewerk het nie,” het Baxter bygevoeg.

Die Kaapse sokker-legende Boebie Solomons is egter nie hêppie met dié verduideliking nie.

“Dis nogal ’n good excuse van hom,” het Solomons gister aan Son gesê.

“Na my mening is dit beslis nie ’n goeie move nie. Veral as jy in ag neem wat reeds in ons land gebeur en dan neem hy so ’n besluit.

“Hoe kan ons toelaat dat foreign­ers net doen wat hulle wil in ons land? Wil Baxter my sê daar is niemand anders nie?”

Farouk Abrahams, voormalige doelwagter-afrigter van Bafana Bafana, meen dit traak hom nie wie die coach aanstel nie.

“Wat baat dit jy het ál die kwalifikasies, maar nie die praktiese vernuf en bekwaamheid wat daarmee gepaard moet gaan nie?” was Abrahams se reaksie.

“En wat sal Lee binne ’n week kan doen? Dis te min tyd. Hy sal drills moet doen en die keep­ers sharp hou, weet jy.

“Boonop is die goalies in die groep reeds van goeie gehalte.

“Ons sal Baxter moet judge op wat hy op die veld gaan doen.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters