13 dae gelede
Fairdene bo ná groot knou
Sukses: Fairdene se o. 12-sokkerspan is puik. FOTO VERSKAF  ~ 

FAIRDENE se o. 12-sokkerspan is aan die brand en wil sy indrukwekkende seisoen met die ligatrofee afsluit.

Die span is ná 15 wedstryde in die liga sover onoorwonne. Net die eindstryd lê nog Saterdag voor.

Fairdene het nege punte voor sy naaste teenstander, Stardrift, geëindig.

Die Fairdene-breier, Antonio Mahana, sê hy kan nie trotser wees op sy span se vertoning dié seisoen nie.

“Dit het alles begin toe ons vroeër dié jaar die seven-a-side-toernooi ook as onoorwonne span gewen het,” spog Mahana.

Uitgeval

Sy span het ook deelgeneem aan die Northern Areas Football Association se jaarlikse Paastoernooi.

Daar het sy span in die kwarteindronde teen Helenvale uitgeval.

“Ek is wel baie trots, want die span het dié jaar baie uitdagings gehad met ons home ground, die Finnisstraat-sportterrein, wat gestroop is weens die armoedige omstandighede in ons woonbuurt. So, ek dink ons het steeds baie vermag as ’n span.”

Mahana sê selfs hulle seniors in die Premierliga Reserve en die o. 16-spanne het almal goed vertoon.

“Volgende jaar wil ons uitbrei met meer teams en almal is welkom om ons te join,” voeg Mahana by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters