8 dae gelede
Europa slaggereed vir Ryderbeker
GOUD: Amerika se Steve Stricker (links) en Europa se Padraig Harrington met die Ryder Cup-trofee.  ~ _GETTY IMAGES

VANJAAR se Ryderbeker-spanne is nou voltooi nadat Padraig Harrington Sondag vir Sergio García, Ian Poulter en Shane Lowry by sy Europese span ingesluit het as sy drie kapteins­keuses.

Harrington kon egter nie vir die Engelsman Justin Rose plek in sy gholfspan vind nie.

Harrington het vroeër aangedui dat García en Poulter, wat altesaam al ’n allemintige 15 wedstryde in die Ryderbeker gespeel het, gekies moet word.

Saamgespan

Lowry is gekies ten koste van Rose en hy sal saam met Bernd Wiesberger en Viktor Hovland een van drie nuwelinge in die span wees.

Wiesberger, Lee West­wood, Matt Fitzpatrick en Tyrrell Hatton het die laaste outomatiese plekke vir kwalifikasie vir Europa verseker ná die BMW PGA-kampioenskap Sondag.

Hulle span dus saam met Jon Rahm, Rory McIlroy, Tommy Fleetwood, Hovland asook Paul Casey vir die byeenkoms van 24 tot 26 September by die Whistling Straits-gholfbaan in Sheboygan, Wisconsin.

EUROPA: Jon Rahm, Tommy Fleetwood, Tyrrell Hatton, Bernd Wiesberger, Rory McIlroy, Viktor Hovland, Paul Casey, Matt Fitzpatrick, Lee West­wood, Shane Lowry, Sergio García, Ian Poulter

AMERIKA: Collin Morikawa, Dustin Johnson, Bryson DeChambeau, Brooks Koepka, Justin Thomas, Patrick Cantlay, Tony Finau, Xander Schauffele, Jordan Spieth, Harris English­, Daniel Berger, Scottie Scheffler

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters