Verlede maand
Enkel kos Coetzee Bok-plek
WELLINGTON, NEW ZEALAND - JULY 23: Thomas du Toit
UIT: Marcell Coetzee se World Cup droom lê aan skerwe weens 'n seer enkel.  ~ Gallo Images

RASSIE Erasmus, Springbok-afrigter, het besluit om vier spelers wat tans in 'n beplanningskamp in Bloemfontein is, vry te stel vir die naweek se laaste ronde van groepwedstryde in die Currie Cup se Premierliga. 

Hulle is die Bulls-stut Lizo Gqoboka, Marvin Orie (Lions-slot), en die Sharks Thomas du Toit (stut) en Andre Esterhuizen (senter).

Intussen is dit neusie verby vir Marcell Coetzee se kanse om World Cup toe te gaan - die Springbokke se bestuurspan het bevestig Coetzee sal Woensdag 'n enkeloperasie ondergaan. Hy sal vir 12 weke nie enige rugby kan speel nie. 

Die Ulster-speler het nie net sy enkel beseer in Saterdag se toets teen Argentinië nie, hy het ook harsingskudding opgedoen. 

Dit blyk of Coetzee net nie 'n break kan kry as dit kom by World Cup selection nie. In 2015 is hy deur Heyneke Meyer heeltemal oor die hoof gesien. 

WELLINGTON, NEW ZEALAND - JULY 23: Thomas du Toit
Marvin Orie
WELLINGTON, NEW ZEALAND - JULY 23: Thomas du Toit
Lizo Gqoboka
WELLINGTON, NEW ZEALAND - JULY 23: Thomas du Toit
Andre Esterhuizen
WELLINGTON, NEW ZEALAND - JULY 23: Thomas du Toit
Thomas du Toit

Hy moes ook van twee kniebeserings herstel om uiteindelik weer die jaar met goeie spel in die Pro14 vir Ulster, Erasmus te oortuig om hom te kies vir die Bokke. 

Dit sal beslis 'n baie bitter pil wees vir Coetzee om te sluk om weer uit te mis. 

In reality was sy kanse maar egter skraal om die laaste 31 te haal, want daar moes altyd plek gemaak word vir die terugkerende kaptein, Siya Kolisi. 

Kwagga Smith se goeie spel het ook oortuig, terwyl Francois Louw se ervaring ook in sy guns sal tel. Rynhardt Elstadt sal uit die ses beskikbare flanke dalk die een wees wat nie die paal gaan haal nie. 

Die Springbokke maak Maandag hul groep van 31 vir die World Cup in Japan bekend. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters