8 dae gelede
Enjins ref al vir Polo Cup
Volswagen Polo Cup Motorsport
VOLSPOED: Jayden Els in aksie in die Volkswagen Polo Cup.  ~ Verskaf

AANGHANGERS van Suid-Afrikaanse motorsport is vir die afgelope vyf maande sonder enige Polo Cup aksie, maar meer as 20 van die land se talentvolste renjaers is gereed om vanaf volgende naweek terug na die baan te keer.

Die Zwartkops Raceway in die weste van Pretoria, wat gasheer was vir die openingsronde in Maart gespeel het, sal weer gasheer wees vir die tweede ronde van SA motorsport se opwindendste reeks.

Die hele toneel sal egter anders wees as wat dit vyf maande gelede was, aangesien die hele baan sal moet voldoen aan ‘n stel streng Covid-19-protokolle soos voorgeskryf deur die regering in samewerking met Motorsport Suid-Afrika.

“Ons is verheug dat motorsport in die geheel uiteindelik die groen lig van die Departement van Sport en Ontspanning gekry het na onderhandelinge tussen die regering en Motorsport Suid-Afrika,” het Mike Rowe, hoof van Volkswagen Motorsport, gesê.

“Ek is seker dat almal wat by die Polo Cup betrokke is, nie kan wag vir die aanbreek van 7 en 8 Augustus om hul enjins te ref nie, hoewel onder baie ander omstandighede as voorheen.”

'n Aantal regulasies is in werking gestel om die risiko en die verspreiding van Covid-19 tydens die wedren te verminder, soos om die hoeveelheid mense by die baan te beperk en social distancing toe te pas. Geen toeskouers word toegelaat nie in ooreenstemming met die regering se regulasies met betrekking tot openbare byeenkomste.

“As ’n verantwoordelike belegger in die gemeenskap waarin ons werk en ’n rolspeler in die welstand van die land as geheel, respekteer ons dit as Volkswagen. Ons het die afgelope naweek alle maatreëls ingestel om te verseker ons bied die wedrenne op die veiligste manier aan, ” het Rowe bygevoeg.

As die kompetisie dieselfde gaan wees soos in die eerste ronde, kan daar beslis weer hope aksie verwag word. môregoggend wanneer die ligte groen word.

Die jong Kapenaar Dario Busi kon daarin slaag om sy eerste wegspring plek ook in sy eerste oorwinning te verander in die eerste wedloop wat op 1 Maart gehou was.

Volgende naweek sal ook die debuut wees van die langverwagte SupaCup-klas, wat sal dien as die tweede kategorie van die Global Touring Car-reeks.

Die amptelike GTC-reeks moet nog aan die gang kom, maar op Zwartkops sal nege SupaCup Polo GTI’s mekaar die stryd aansê. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters