12 dae gelede
Engelse reeds hier om Proteas te pak
Eoin Morgan  ~ Getty Images

DIE Engelse kriekettoerspan, onder leiding van Eoin Morgan (kaptein) en Chris Silverwood (breier), het in die Kaap geland en almal is gesond.

Die ECB het bevestig ál die manne se Covid-19-toetse het negatief teruggekom.

Die toerspan, wat in die Wes-Kaap is vir twee driewedstryd-reekse in ODI’s en T20I’s teen Quinton de Kock se Proteas, het reeds gistermiddag sy eerste spanoefening op Nuweland in Kaapstad gehad.

Sterre

Die wedstryde word in bio-borrels op Nuweland en Bolandpark in die Paarl gespeel.

Geen toeskouers word in die stadions toegelaat nie.

Die T20-reeks begin op 27 November en die laaste ODI is op 9 Desember.

Benewens Morgan, ’n bedrewe linkshandige middelkolwer, is die ander sterre in die span die veelsydige Ben Stokes, die blitsbouler Jofra Archer en die paaltjiewagters Jos Buttler en die rooikop Jonny Bairstow.

Engelse T20-groep:

Eoin Morgan (Middlesex, kaptein), Moeen Ali (Worcestershire), Jofra Archer (Sussex), Jonny Bairstow (Yorkshire), Sam Billings (Kent), Jos Buttler (Lancashire), Sam Curran (Surrey), Tom Curran (Surrey), Chris Jordan (Sussex), Dawid Malan (Yorkshire), Adil Rashid (Yorkshire), Jason Roy (Surrey), Ben Stokes (Durham), Reece Topley (Surrey), Mark Wood (Durham).

Engeland se ODI-groep:

Eoin Morgan (Middlesex, kaptein), Moeen Ali (Worcestershire), Jonny Bairstow (Yorkshire), Sam Billings (Kent), Jos Buttler (Lanca­shire), Tom Curran (Surrey), Lewis Gregory (Somerset), Liam Livingstone (Lancashire), Adil Rashid (Yorkshire), Joe Root (Yorkshire), Jason Roy (Surrey), Olly Stone (Warwickshire), Reece Topley (Surrey), Chris Woakes (Warwickshire), Mark Wood (Durham).

Reserwes in albei formate:

Jake Ball (Nottinghamshire), Tom Banton (Somerset), Tom Helm (Middlesex).

Proteas:

Quinton de Kock (kaptein, Titans), Temba Bavuma (Lions), Ju­nior Dala (Titans), Faf du Plessis (Titans), Bjorn Fortuin (Lions), Beuran Hendricks (Lions), Reeza Hendricks (Lions), Heinrich Klaasen (Titans), George Linde (Cape Cobras), Keshav Maharaj (Dolphins), Janneman Malan (Cape Cobras), David Miller (Dolphins), Lungi Ngidi (Titans), Anrich Nortjé (Warriors), Andile Phehlukwayo (Dolphins), Dwaine Pretorius (Lions), Kagiso Rabada (Lions), Tabraiz Shamsi (Titans), Lutho Sipamla (Lions), Jon- Jon Smuts (Warriors), Glenton Stuurman (Warriors), Pite van Biljon (Knights), Rassie van der Dussen (Lions), Kyle Verreynne (Cape Cobras).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters