6 dae gelede
Engeland gunsteling
liam
LIAM LIVINGSTONE  ~ _GALLO IMAGES

DIE T20-Wêreldbekertoernooi is minder as drie maande weg, maar tans moet Engeland as ’n vroeë gunsteling beskou word.

Die Engelse span onder leiding van hul kaptein, Eoin Morgan, speel vrees­lose krieket en het ’n paar van die beste spelers in die wêreld in hul geledere.

Trouens, Stuart Broad, een van Engeland se beste boulers die afgelope 15 jaar, glo sy landgenote gaan die WB wen.

Rooskleurig

“Ek het net gekyk hoe Morgs die trofee daar oplig en ek dink ons ??gaan die Wêreldbeker wen,” het hy ná Engeland se reeksoorwinning oor Pakistan gesê.

“Ons het soveel diepte. Hulle speel vreeslose krieket. Ek dink net ons gaan die Wêreldbeker wen. Dit lyk alles behoorlik rooskleurig,” het Broad, deesdae ’n toetsspesialis, gesê.

Maar Jason Roy, Engeland se aanvangskolwer, is versigtiger as Broad.

“Dis nogal rooskleurig in die tuin totdat dit nie is nie,” hy het laat hoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters