3 maande gelede
Ellis ken van China-bedreiging
DESIREE ELLISFoto: GALLO IMAGES  ~ 

BANYANA Banyana se wekroep teen Spanje (1-3) in hulle openingswedstryd van die World Cup in Frankryk is geen waarborg dat hulle sommer ’n ommeswaai kan bewerkstellig nie.

Desiree Ellis, afrigter van Banyana Banyana, beweer dit gee wel haar span die geloof om op internasionale vlak met die gedugte spanne te kan compete.

Suid-Afrika kom môre 21:00 teen China in sy tweede wedstryd in groep B te staan.

Ellis het reeds uitgewys hulle wil vir hierdie stryd alle eiers in een mandjie sit.

Vir Banyana Banyana is dié wedstryd eintlik ’n moet-wen-affêre.

“Ons oefensessies het goed verloop,” sê Ellis.

“Dit sluit videosessies in van hoe ons opponente speel. Ons het nou ’n goeie idee van hulle sterk en swak punte, maar ons sal dit ook reg moet uitbuit.”

Suid-Afrika sal hierdie kragmeting bitter graag wil wen, want daarna kom hy op 17 Junie in ’n laaste groepwedstryd teen die tweede beste span in die wêreld, Duitsland, te staan.

Daarom het Ellis aan Son gesê die fokus sal op ’n sege teen China bly. Sy hoop sy en haar span het goed genoeg daarvoor voorberei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters