2 maande gelede
‘Eerste 2 belangrik’
LEIER: Temba Bavuma is die Proteas se witbalkaptein.  ~ Getty Images

DIE Proteas betree Vrydag ’n nuwe era wanneer Temba Bavuma, die span se nuwe kaptein in ODI- en T20I-krieket, die Proteas vir die eerste keer lei.

Pakistan het in Mzansi geland en slyp reeds vir die eerste van drie eendagwedstryde. Dié reeks word op SuperSport-park in Centurion beslis voordat die twee spanne mekaar in vier T20I’s pak.

Ideaal

Suid-Afrika se vyf beste witbal-spelers, Kagiso Rabada, Quinton de Kock, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi en David Miller gaan egter vir die meeste van die toer nie beskikbaar wees nie, aangesien hulle ná die tweede ODI na Indië vertrek om aan vanjaar se IPL deel te neem.

Al is dié situasie nie ideaal nie, glo Bavuma dat dié vyftal se afwesigheid geleenthede bied aan ander.

“Vir die eerste twee wedstryde het ons ál ons beste spelers gekry. Daarom is dit belangrik om positiewe uitslae in daardie eerste twee wedstryde te kry,” het hy vroeër die week aan die media gesê.

“Dit wil egter nie sê dat ons die derde wedstryd sommer gaan prysgee ??nie.

“Ons glo dat ons die plaasvervangers het met ouens wat inkom om daai stewels vol te staan.

“Ons het 22 spelers, wat ’n groot groep is. Die boodskap aan die spelers is dat 90 persent van die Wêreldbeker-groep uit hierdie groep sal kom. Dis belangrik dat die ouens verstaan ??dat hierdie ’n geleentheid is en dat hulle weet waar hulle staan.”

Intussen het Paki­stan se afrigter, Misbah-ul-Haq, gesê hy glo die venues vir die twee witbalreekse sal sy span pas.

“As ek terugkyk, toe ons by hierdie twee velde, Centurion en die Wanderers, kom speel het, het ons hierdie baanblaaie altyd geniet,” het die voormalige Pakistanse kaptein gesê.

“Die spoed en wip is eweredig en as ’n kolwer geniet jy dit. Kolwers kry waarde vir hul houe.

“Sommige van die spelers in hierdie span het al hier gespeel en baie goed presteer.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters