Verlede maand
Duminy in final
JACQUES DUMINY  ~ FOTO VERSKAF

DIE skitterende jong WP-squash-speler Jacques Duminy kom volgende week voor ’n groot toets te staan wanneer hy in die eindronde van die nasionale­ kampioenskapstoernooi in die Waterfront in Kaapstad speel.

Dit begin op 20 Oktober en eindig 23 Oktober.

Duminy (19) van Southfield in die Kaap kom in die eerste ronde teen die eerste gekeurde Dewald van Niekerk van die OP te staan.

Duminy kon dus nie vir ’n moeiliker begin gevra het nie.

Hy is egter ’n vegter soos min en Van Niekerk kan strawwe teenstand verwag.

Duminy, die enigste WP-speler wat gekwalifiseer het, kon nog nie voorheen die titel wen nie.

Hy spog reeds met ’n magdom toekennings en het in 2012 as negejarige die eerste keer WP-kleure in sy eerste jaar as deelnemer verwerf.

Op 13 het hy sy debuut in die WP se eerste liga gemaak.

Hy’s op 15 vir die SA o. 19-span gekies wat aan die Wêreldkampioenskapstoernooi deelgeneem het. Op 17 is hy ook as die WP se junior speler van die jaar aangewys.

Deurbraak

Duminy is dus ’n speler wat jy nie kan onderskat nie. Hy kan dalk net volgende week sy groot deurbraak maak.

Onder die vroue het die WP se Milnay Louw in die senior afdeling gekwalifiseer en Kelly Emslie in die o. 17-afdeling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters