4 dae gelede
Dukashe ‘soos Wembley’
sien leemte: Eric Tinkler sê Chippa moet beter afrond.Foto: gallo images  ~ 

CHIPPA United gaan Sater­dag op “Wembley” uitdraf wanneer Baroka Oos-Londen besoek.

Die Chilli Boys is baie tuis in die Sisa Dukashe-stadion. Hulle gaan mik vir hulle eerste oorwinning dié seisoen.

Verskeie breiers het al gekla oor die veld.

Volgens Chippa se afrigter, Eric Tinkler, lyk dit soos die Wembley-stadion in Londen.

“Ek sien regtig niks fout met die veld nie. As ek dit met ander velde vergelyk – veral in ander Afrika-lande – dan is dít die Wembley.

“Die Buffalo City-munisipaliteit het goeie werk gedoen en ons sê dankie.

“In ons laaste wedstryd – teen SuperSport United – het ons nie sleg gespeel nie. Ons het wel swak ver­dedig. Dis wat ons die game gekos het.”

Chippa sukkel om van setpieces te verdedig. Baroka is weer giftig van free kicks.

Dié kragmeting sal wys of daar in Tinkler se tyd in beheer iets verander het.

Mense wonder veral ook of Chippa doele kan score. Tink­ler sê dit sal kom.

“In die wedstryd teen Super­Sport het ons 17 kanse geskep. Dis glad nie min nie.”

Hy sê al is Chippa bekend vir bal­besit, is afronding nou allerbelangrik.

“As ons van die kanse kan afrond, sal Chippa ’n baie gevaarlike span word.”

Hy sê hy het nog nie besluit wie sy uit­blinkers is nie.

“Ek kyk nog, want van die spelers – soos Daniel Akpeyi (Nigerië), Thato­yaone Kgamanyane en Kabelo Sea­­kanyeng (albei van Botswana) – was as gevolg­ van inter­nasionale games­ weg.

“Dit sal nog ’n rukkie duur voordat ek kan sê ek het 11 spelers wat ek dink die beste is.”

Chippa is laaste op die log. Ná vier wedstryde het hy nog net een punt.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters