14 dae gelede
Duisende by Peninsula Marathon
Son
BEELDSKOON: Die Peninsula-maraton word Sondag op ’n skouspelagtige roete van Kaapstad tot Simonstad gehardloop.  ~ Foto Verskaf

ALTESAAM 5 500 langasems gaan Sondagoggend weer vir die gewilde Peninsula Marathon aantree.

Die gewilde wedloop word deur die Celtic Harriers Atletiekklub georganiseer.

Die marathon word as die vinnigste punt tot punt wedloop op die vasteland van Afrika beskou, met die 42.2 km wedloop wat 05:15 begin in Hoofweg, Groenpunt. Die halfmarathon (21.1 km) begin 07:00 by die Bergvliet-sportklub.

Beide roetes word op ’n skouspelagtige, vinnige en plat roete van Kaapstad tot Simonstad gehardloop. Die eindpunt is by die sportterrein van die Vlootbasis in Simonstad.

Die wedloop dien as ’n kwalifiserende wedloop vir die Two Oceans (56km) en Comrades (90km) ultra-marathons.

Van die drawwers wat nie die wedloop vir kwalifisering doeleindes gebruik nie, neem deel om te probeer om hul persoonlike beste tye oor die afstande op te stel.

Die verdedigende kampioen isn’n Lindikhaya Mthangayi (40) van die Nedbank atletiekklub wie se wentyd laas jaar 2 uur 27 minute en een sekonde was.

Sy Nedbank-spanmaats Lungile Gongqa (02:27:23) en Mthandazo Qhina (02:30) gaan almal Sondag terug wees om mekaar weer die stryd aan te sê.

Onders die vroue tel laas jaar se wenner, Jenna Challenor (02:46:05) van die Murray & Roberts-klub en haar spanmaat Charne Bosman (02:54:22) sowel as Kerry-Ann Marshall (02:54:55) weer onder die gunstelinge om met die louere weg te stap.

Registasie vir aanlynsinskywings kan môre (Vrydag) van 10:00 tot 17:00 by takke van Sportsmans Warehouse in Rondebosch, Tygervallei, en op die Weskus afgehaal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters