3 maande gelede
Duimpie terug teen Griekwas
TALENTVOL: Damian Willemse gister in aksie op die oefenveld in Bellville.Foto: Gallo Images  ~ 

DAMIAN Willemse keer Vrydagaand in die Westelike Provinsie se game teen Griekwas terug ná ’n besering.

Rassie Erasmus, die Bok coach, het al laas jaar gesê hy wil Willemse graag as ’n opsie op heelagter World Cup toe vat.

Dié oudleerder van die Paul Roos Gimnasium sal dus so gou moontlik sy fiksheid wil herwin.

Volgens Dawie Snyman, agterlyn-afrigter van die WP, is die kans baie goed dat die talentvolle 21-jarige Springbok-agterspeler vir die Streeptruie gaan uitdraf.

Snyman het gister ná die span se slypsessie by die Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gesê: “Damian Willemse gaan terugkeer van sy besering.

“Ek is seker hy het ’n goeie kans om dit te maak.”

Snyman sê spelers wat ná ’n besering terugkeer, sal gewoonlik nie die volle 80 minute speel nie.

Wanneer hy speel, moet hy ’n sekere hoeveelheid game time kry. Hulle sal egter na die advies van die mediese span luister.

Snyman verduidelik: “Hy (Willemse) sal mettertyd moeg word, want hy het nie baie rugby gespeel nie. Hy sal waarskynlik een helfte speel. Alles hang egter af van wat hy vir ons kan bied.

“Wanneer ’n speler van die bank af speel, is daar altyd die gevaar dat hy steeds ’n besering in die game kan opdoen.

“Ons sal dus nie sy game time kan bestuur nie en sal later daaroor moet besluit,”

Snyman het laat blyk die veelsydige agterspeler SP Marais sal ook weer beskikbaar wees.

Willemse en Marais is dalk net op die regte tyd weer beskikbaar.

Rassie Erasmus, die Bok-breier, het besluit om die veelsydige agterspeler Dillyn Leyds op te roep na die Bokke se oefenkamp in Pretoria.

Duidelik

Scarra Ntubeni (haker) en Wilco Louw (vaskopstut) is ook genooi om dié week saam met die Bokke te oefen.

Dis nog nie heeltemal duidelik of John Dobson, die WP coach, dié drie spelers vir die Streeptruie se kragmeting met die Poubloues Vrydagaand in Kimberley sal kan kies nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters