13 dae gelede
Duane terug vir Bulls
Duane Vermeulen  ~ Gallo Images

DIE Bulls spog met meer Springbok-slaankrag vir hul tweede wedstryd in Superrugby Unlocked.

Duane Vermeulen (kaptein) maak Vrydag sy toe­trede tot dié kompetisie wanneer die Bulls na Bloemfontein reis om die Cheetahs te pak.

Die Springbok-agtsteman het laas week se wedstryd teen Griekwas gemis weens ’n besering.

Die Bulls het kwaai teleurgestel met hul samespel. Die span was gelukkig om met 30-23 te wen.

Jake White, afrigter, het by gister se spanaankondiging gesê sy span sal baie beter moet speel as hulle die Cheetahs wil klop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters