6 dae gelede
Du Preez is nie verbaas
Ashley du Preez  ~ Backpagepix

ASHLEY du Preez, woelwater-striker van Stellenbosch, sê hul onoorwonne lopie tot dusver in die Premierliga verbaas hulle nie.

Stellies (21 punte) is ’n openbaring in sy derde seisoen in die top flight en is stewig in die tweede posisie.

Stellies, tesame met die kampioen en voorloper, Mamelodi Sundowns (26), is die enigste twee onoorwonne spanne in die liga.

Du Preez (24) sê laas seisoen was ’n steil leerkurwe en dit het Stellines gehelp om as span te groei.

“Ons onoorwonne lopie is danksy die feit dat ons minder doele afstaan, maar belangriker is dat ons ook meer doele aanteken. Dit is vir my een van die sleutelaspekte dié seisoen. Dit was ’n proses en ons is nou meer gebalanseerd op die aanval,” sê hy.

Du Preez is self ook ’n rede vir hul verdienstelike vertonings. Die pint-sized striker het beslis geleer uit laas seisoen se foute en begin nou skerper raak.

Sy vertonings tot dusver dié seisoen is ook meer volwasse. Hy is minder oorhaastig en dit is waarom hy meer klinies voor die doelhok is.

Sy 5 doele ná 11 wedstryde in die liga is ’n bewys hiervan.

Stellenbosch verwelkom Orlando Pirates vandag in die Danie Craven-stadion en Du Preez ruik bloed.

“Ek sal só bly wees as ons wen teen hulle,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters