8 dae gelede
Druk op Barker
Steve Barker  ~ Backpagepix

DIT was veronderstel om vir Stellenbosch ’n belowende seisoen te wees hierdie.

Ene waarin Steve Barker, coach, en sy troepe sou voortbou op die debuut laas seisoen toe die span net-net ’n top-agt-posisie misgeloop het.

Tot dusver wankel Stellies egter en hulle is ’n teleurstelling.

Dít is waarom die span van Matieland oor sy skouer moet begin loer. Dit lyk of hy sal moet veg om oorlewing en om sy PSL-status te behou – eerder as om bloot net op sukses aanspraak te maak.

Sondag se verloorstryd van 0-1 teen Tshakhuma Tsha Madzivhandila is Stellies se derde nederlaag agtereenvolgend.

Dit onderstreep die be­narde posisie waarin Barker-hulle verkeer.

Dit is boonop Stellenbosch se vierde nederlaag in sy vorige vyf wedstryde – nóg tekens dat die gevaarligte flikker.

Erger nog, Stellenbosch is in sy vorige sewe wedstryde in die liga segeloos.

Stellenbosch het ’n paar dae om voor te berei vir die kampioen, Mamelodi Sundowns, wat op 2 Maart in die Danie Craven-stadion ’n draai maak.

Kalm

Barker was volgens die klub se mediabeampte, Courtney Williams, nie beskikbaar vir kommentaar nie omdat die span nog op pad was terug Kaap toe.

Hy is darem al ervare genoeg om te weet hy moet kalm en gefokus bly as die span sy status wil behou.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters