7 dae gelede
Druk nou op Blues
AUCKLAND, NEW ZEALAND - JUNE 12: Beauden Barrett r
Beauden Barrett  ~ Getty Images

MET 'n oortuigende sege in die sakkie het die Crusaders verseker dat die druk Sondag vierkantig op die Blues gevestig gaan wees in die wedloop om as kampioene van Superrugby Aotearoa gekroon te word. 

Die Crusaders het die Chiefs Saterdag met 32-19 in Hamilton geklop en nou sal die Blues dieselfde teen die Highlanders in Dunedin moet gaan doen om nog in die wedloop vir die titel te bly.

Leon MacDonald (afrigter) se Blues moet wen om volgende week se wedstryd teen die Crusaders in Auckland 'n decider te maak. 

Daar is gehoop dat die Chiefs vir 'n verrassende sege oor die Saders sou kon sorg, maar Warren Gatland (afrigter) se troepe kon weer nie hul duck in di'e kompetiise breek nie. 

Die Blues sal dus hul eie geluk moet bou om volgende week in 'n herontmoeting, waarvoor baie fans van rugby hul lippe al lek, die Crusaders se doppie te klink. 

Onder MacDonald se afrigting het die Blues met rasse skrede verbeter en lyk glad nie meer soos die span wat in vorige seisoene slaansakke was nie. Daai eers behoort nou aan die Chiefs. 

Die Highlanders is egter 'n baie moeilike span om in hul glaskasteel van 'n Forsyth Barr-stadion aan te durf. 

Aaron Mauger (afrigter) se Highlanders se enigste seges mag dalk net teen die wenlose Chiefs gekom het, maar daar was genoegsame tekens dié seisoen, dat hulle van die ander Kiwi-teenstanders ook kon omdop. 

Dié tuisspan sal ook Sondag verlore aasien wil terugkry nadat hulle die koerante en online nuuswebtuistes se hoofopskrigfte vir die verkeerde redes gehaal het. 

Dit toe van hul spelers hulself smoordronk gedrink het en hul naam krater gemaak deur in publieke areas te urineer (pee) en tot laatnag geraas te maak. 

Sulke omstredenheid kan gewoonlik 'n negatiewe effek op 'n span het, maar ook nouer saambring - veral as met die wete dat dit die Landers se laaste wedstryd van die seisoen gaan wees. 

En dit boonop nog voor hul tuisskare. 

Die Blues is egter 'n span gelaai met talentvolle spelers. En jy hoef nie verder as Beauden Barrett te kyk vir een wat 'n deurslaggewende rol kan speel  nie. 

Barrett, wat meestal op heelagter uitgedraf het vir die Blues, speel vir die tweede agtereenvolgende naweek op losskakel. 

Dit is die posisie waarvoor hy vir die All Blacks geoormerk word, maar hy sal dit met sy vertoning moet wys - die Crusaders se Richie Mo'unga is tans die beste losskakel in die  kompetisie en het dit gister weereens bewys. 

Onder die voorspelers kan daar ook uitgesien word na die tweestryd onder die lostrio. Die Highlanders se Marino Mikaele-Tu’u, Dillon Hunt en Shannon Frizell meet kragte met die Blues se  Akira Ioane, Blake Gibson en Dalton Papalii. 

Ioane doen diens op agtseman in die afwesigheid van die beseerde Hoskins Sotutu en dié veranering vie die Blues kan 'n kritieke rol speel.

So ook die tweestryd onder die slotte, waar die opkomende Pari Pari Parkinson van die Highlanders tee die ervare Patrick Tuipulotu gaan kragte meet. 

Parkinson word geoormerk as iemand wat sy All Blacks-debuut later vanjaar in die Rugby Champuionship kan maak.  

As jy dus lus is vir lekker vroeg opstaan en opwinden rugby te aanskou, skakel gerus 05:00 TV oor na DStv-kanaal 201 (SuperSport 1)  vir dié kragmeting.  

Spanne: 

Highlanders - Mitch Hunt, Josh McKay, Michael Collins, Sio Tomkinson, Scott Gregory, Josh Ioane, Aaron Smith (k); Marino Mikaele-Tu’u, Dillon Hunt, Shannon Frizell, Jack Whetton, Pari Pari Parkinson, Jeff Thwaites, Ash Dixon, Ayden Johnstone. BANK: Liam Coltman, Ethan de Groot, Siate Tokolahi, Manaaki Selby-Rickit, Jesse Parete, Folau Fakatava, Bryn Gatland, Jona Nareki

Blues - Matt Duffie, Mark Telea, Rieko Ioane, TJ Faiane, Caleb Clarke, Beauden Barrett, Finlay Christie; Akira Ioane, Blake Gibson, Dalton Papalii, Gerard Cowley-Tuioti, Patrick Tuipulotu (k), Ofa Tu’ungafasi, Kurt Eklund, Karl Tu’inukuafe. BANK: Luteru Tolai, Alex Hodgman, Sione Mafileo, Josh Goodhue, Tony Lamborn, Sam Nock, Otere Black, Harry Plummer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters