8 maande gelede
Drie skitter
Breyton PooleFoto: MARK WARD  ~ 

DIE hoogspring-sensasie Breyton Poole en sy Maties-spanmaats Keagan Fourie en Luvo Nkewu het vir groot opwinding by die vyfde ligabyeenkoms van die Boland gesorg.

Die atlete het mekaar Saterdag in die Dal Josaphat-stadion in die Paarl die stryd aangesê met Poole wat aan die einde van die driestryd die louere met Fourie moes deel.

Beide van hulle het op ’n hoogte van 2,20 m oor die dwarslat geseil.

Hoopvol

Die feit dat dit die eerste werklike byeenkoms van die jaar was, is ’n goeie teken van wat veral Poole (20) in die nabye toekoms kan bereik. Hy het byna ’n jaar gelede in dieselfde stadion 2,15 m hoog gespring.

Poole sê hy bly steeds hoopvol dat die Olimpiese Spele wel sal plaasvind.

Nkewu het op 2,10 m uit die wedloop gesak.

Poole, wat tans onderwys by die Universiteit Stellenbosch swot, het in 2017 die wêreld aan die gons gehad toe hy die goue medalje met ’n hoogte van 2,24 m in Nairobi, Kenia, op die Wêreldbyeenkoms vir juniors gewen het.

SPOEDVRATE: Bradley Olifant (heel regs) wen die senior 100 m Mark Ward Foto: MARK WARD

Mike Fraser, Boland Atletiek se kantoor­bestuurder, sê die opkoms van die atlete het hom bemoedig. Hy sê streng Covid-19-protokolle sal vir die oorblywende byeenkomste geld.

Atlete moet die stadion verlaat sodra hulle met hul onderskeie nommers klaar is. Dit word gedoen om nie meer as die toegelate getal mense in die stadion te hê nie.

Nasionale

Volgens Fraser kry atlete kans om vir die Boland-span te kwalifiseer.

Hulle sal dan volgende maand aan die nasionale byeenkoms kan deelneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters