6 dae gelede
Drie jag goue stewel
BOBAAS: Ashley Cupido beïndruk in 2020.  ~ Foto Verskaf

DIE battle vir die Tweede Liga se Golden Boot is tans ’n drieperd-resies tussen Ashley Cupido, Sinethemba Mti en Therlo Moosa.

Die Glendene United-duo van Cupido en Moosa, tesame met Zizwe United se Mti, het ál drie tans ’n indrukwekkende 13 doele agter hulle naam.

Soos sake nou staan, is daar nog 11 wedstryde oor in die seisoen.

Dit gaan beslis interessant wees om te sien hoe dinge sal ontvou wanneer die seisoen hervat word wanneer die erge corona-pandemie onder beheer gebring is.

Wat Cupido se doelevernuf laat uitstaan, is die feit dat hy tydens die vensterperiode in Januarie van Ajax Cape Town na Glendene geskuif het. Hy het reeds sewe doele vir sy nuwe span aangeteken.

Dít terwyl Moosa en Mti die seisoen by Glendene en Zizwe begin het.

Bekommerd

Cupido is optimisties dat hy ’n ankerrol vir sy span sal kan speel – al kan hy nie die nette laat raas nie.

“Ek hou van ’n challenge, maar is nie juis bekommerd oor hoeveel goals ek score nie.

“Ja, ek is bewus van die top goal scorers chart en die prys op die spel.

“Daarby het jy jou spanmaats nodig om as eenheid te speel sodat jy goals kan score.

Intussen sê Mti hy is min gepla oor die goal scoring race­.

Die gedugte speler wat tot dusver ’n sleutelrol gespeel het, sê vir hom gaan dit eerstens daaroor om sy spel op die veld te verbeter.

“As die geleentheid daar is vir doele, sal ek dit met twee hande aangryp,” het hy gesê.

“Die span se doelwitte kom eerste.

“So, al sal dit lekker wees om die Golden Boot te kry, is dit belangrik dat ons die liga wen,” sê hy.

Die Tweede Liga se top strikers sover vanjaar is: 13 – Ashley Cupido (Glendene United), Sinethemba Mti (Zizwe United), Therlo Moosa (Glendene United); 11 – Justin van Wyk (Royal Blues), Giovanni Philander (FN Rangers); 9 – Danian Warley (Norway Parks Magic), Fawaaz Basadien (Grassy Park United); 8 – Antonio van Wyk (Ubuntu Cape Town), Robin Baadjies (Norway Parks Magic) en Royston Lindsay (Young Pirates).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters